2 SKOOLKINDERS VERDRINK IN VLOEDWATER
Twee skoolkinders van Ficksburg in die Vrystaat het verdrink toe hulle deur ‘n sterk stroom meegesleur is. Die polisie se kaptein Phumelelo Dhlamini sê die twee niggies, onderskeidelik sewe en 17 jaar...
View Article“GROOT ONSEKERHEID IN FINANSIëLE MARKTE”
Die ekonoom, Dawie Roodt, sê die oorwinning van Donald Trump in die Amerikaanse presidentsverkiesing gaan op die korttermyn groot onsekerheid in finansiële markte skep. Hy het volgens Fin24 ook...
View ArticleMAN SE LIGGAAM BY SPOORWEGSTASIE GEVIND
Die polisie ondersoek ’n saak van moord nadat die liggaam van ’n 28-jarige man gisteraand by die spoorwegstasie in Kraaifontein in die Wes-Kaap gevind is. Hy is glo deur ’n boendoehof tereggestel nadat...
View ArticleSTORM EIS VROU SE LEWE
`n 72-Jarige vrou is dood toe storms wat met hael en sterk wind gepaard gegaan het, Mount Ayliff in die Oos-Kaap getref het. Verskeie huise, skole, krag- en telefoonlyne, asook paaie, is beskadig....
View Article20 DOOD IN LUGAANVAL
Die Siriese menseregte-waarnemersgroep sê minstens 20 burgerlikes is dood in ‘n Amerikaans-geleide koalisie-lugaanval op ‘n dorp noord van die Islamitiese Staat se vesting, Raqqa. ‘n...
View ArticleZUMA: MOSIE VAN WANTROUE REGSTREEKS
Dit gaan ‘n eensame presidensiële stoel wees wanneer Jacob Zuma vandag die mosie van wantroue teen hom aanhoor. Die mosie in die Nasionale Vergadering volg op die voormalige Openbare Beskermer, Thuli...
View ArticleVLUGTE VERTRAAG WEENS WEER
Vlugte is gisteraand vir die tweede agtereenvolgende aand by die O R Tambo Internasionale Lughawe aan die Oos-Rand weens gure weer vertraag. Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Tlali...
View ArticleGAY-KWESSIE: NG KERK SE BESLUIT VAN DIE TAFEL GEVEE
Die algemene sinode van die NG Kerk se omstrede en geskiedkundige besluit verlede jaar om gay lidmate dieselfde regte as heteroseksuele paartjies te gee, is gister op die buitengewone algemene sinode...
View ArticleDA SE MOSIE WORD VERSLAAN
Die DA se mosie van wantroue in president Jacob Zuma in die parlement is met 214 stemme teen 126 verslaan. Een parlementslid het buite stemming gebly en altesaam 58 het nie gestem nie. Die DA-leier,...
View ArticleTRUMP VERGADER MET OBAMA
Die nuut-verkose Amerikaanse president, Donald Trump, sê dit was vir hom ‘n groot eer om president Barack Obama in die Withuis te ontmoet vir samesprekings oor die oorgangstadium. Obama sê hy is...
View ArticleLEONARD COHEN OP 82 OORLEDE
Die sanger en liedjieskrywer Leonard Cohen is vroeg vanoggend op 82-jarige ouderdom oorlede. ‘n Amptelike aankondiging is pas op sy Facebook-blad gemaak. Netwerk24 berig Cohen, oorspronklik van Quebec...
View ArticleSPORT: “MERIETE MOET ENIGSTE KRITERIA WEES”
Die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum het regsdokumente ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die ministerie van sport te dwing om...
View Article4 IN HOF OOR VERVALSTE GELD
Vier verdagtes sal na verwagting vanoggend in die New Brighton-landdroshof in Port Elizabeth verskyn op aanklagte dat hul die Wet op Vervalste Geld oortree het. Die polisie se kaptein André Beetge sê...
View ArticleIMMIGRASIE: WESGRO WIL AMERIKANERS HELP
Die beleggingsvleuel van die Wes-Kaapse regering, Wesgro, sê hy is gereed om vooraanstaande Amerikaners by te staan wat na Suid-Afrika wil immigreer nadat Donald Trump die Amerikaanse presidensiële...
View ArticleGEWAPENDE ROOFTOGTE: VERDAGTE GEARRESTEER
Die Tafelberg Nasionale Park sê ‘n verdagte is in hegtenis geneem in verband met twee gewapende rooftogte in Kampsbaai naby Kaapstad. ‘n Woordvoerder van SANParke, Tarcia Hendricks, sê ‘n bewaarder vir...
View ArticleVS WELDOENER IN HAAR HUIS VERMOOR
’n Bekende Vrystaatse weldoener wat haar lewe aan liefdadigheidswerk gewy het, is in haar huis in Heilbron vermoor. Netwerk24 berig daar is aanvanklik vermoed dat die 89-jarige Annatjie du Preez aan...
View ArticleRAND STABIEL NA SLEGSTE DAE
Die rand het vanoggend bestendig rondom die vlak van R14 teenoor die dollar verhandel nadat dit gister een van sy slegste dae in vyf jaar teenoor die dollar en in agt jaar teenoor die pond beleef het....
View ArticleANC-VETERAAN WAARSKU ANDER
Die 83-jarige ANC-veteraan, Denis Goldberg het mede-veterane van die party gewaarsku om versigting te wees om ‘n uitnodiging te aanvaar om lede van die ANC se nasionale werkskomitee te ontmoet. Hy sê...
View ArticleBISKOP NDUNGANE WORD VEREER
Die Anglikaanse emeritus biskop Njongonkulu Ndungane sal vandag tydens ‘n seremonie vereer word met die Vryheid van die Stad in Kaapstad. Die stad sê in ‘n verklaring tydens ‘n lang en roemryke...
View ArticleVERKEER IN KAAP ONTWRIG WEENS SAND
Verkeer in die suide van die Kaapse Skiereiland is vanoggend ontwrig weens sand wat met gisteraand se stormsterk suidoostewind oor paaie en treinspore gewaai het. Volgens Metrorail is vertragings van...
View Article