’n Bekende Vrystaatse weldoener wat haar lewe aan liefdadigheidswerk gewy het, is in haar huis in Heilbron vermoor.
Netwerk24 berig daar is aanvanklik vermoed dat die 89-jarige Annatjie du Preez aan natuurlike oorsake in haar stoel dood is, maar dat ‘n nadoodse ondersoek getoon het sy is vermoedelik verwurg.
Die agterdeur van die huis het oopgestaan en daar was nie geld in haar beursie nie.
Twee kluissleutels, ’ n bankkaart en die huurgeld wat sy onlangs ontvang het, was ook weg.
Die nadoodse ondersoek het ook getoon dat sy kneusings aan haar gesig en agterkop het.
Volgens inligting van die familie gisteraand het die polisie reeds moontlike verdagtes geidentifiseer en verwag om binnekort ’ n deurbraak in die ondersoek te maak.
The post VS WELDOENER IN HAAR HUIS VERMOOR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.