Verkeer in die suide van die Kaapse Skiereiland is vanoggend ontwrig weens sand wat met gisteraand se stormsterk suidoostewind oor paaie en treinspore gewaai het.
Volgens Metrorail is vertragings van ‘n uur en langer op die suidelike lyn na Kaapstad ervaar weens sand op die spoorlyn, sterk wind en slegs een spoorlyn wat tussen Muizenberg en Vishoek beskikbaar is.
Volgens Die Burger kon Baden Powell-rylaan vanaf Muizenberg eers ná agtuur vanoggend oopgestel word.
Op Stellenbosch is skade aangerig toe die wind die dak van Mercedes-Benz Eikestad Motors se uitstalgebied afgeruk en dit op van die skoumotors beland het.
The post VERKEER IN KAAP ONTWRIG WEENS SAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.