Die ekonoom, Dawie Roodt, sê die oorwinning van Donald Trump in die Amerikaanse presidentsverkiesing gaan op die korttermyn groot onsekerheid in finansiële markte skep.
Hy het volgens Fin24 ook gewaarsku dat Suid-Afrika nie meer hardekoejawel sal kan wees met Amerika, soos die geval was met die gesloer oor die vereistes vir die invoer van Amerikaanse hoender- en varkvleis verlede jaar nie.
Roodt sê die gesloer het die land se insluiting in die Wet op Groei en Geleenthede vir Afrika (Agoa) — wat tariefvrye uitvoer van landbouprodukte na Amerika moontlik maak — bedreig.
Roodt se boodskap aan beleggers is om nie oor Trump bekommerd te wees nie, maar oor president Jacob Zuma.
The post “GROOT ONSEKERHEID IN FINANSIëLE MARKTE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.