Twee skoolkinders van Ficksburg in die Vrystaat het verdrink toe hulle deur ‘n sterk stroom meegesleur is.
Die polisie se kaptein Phumelelo Dhlamini sê die twee niggies, onderskeidelik sewe en 17 jaar oud, was van die skool af op pad huis toe, toe dit gebeur het.
Hul liggame is deur inwoners uit die stroom gehaal.
Die Gautengse provinsiale regering sê intussen minstens ses mense is in gister se fratsvloede aan die Oos-Rand dood.
Die regering het in ‘n verklaring sy meegevoel betuig met die families van die slagoffers.
‘n Driejarige meisie word nog vermis nadat sy gistermiddag in Alexandra, noord van Johannesburg, deur vloedwater meegesleur is.
Intussen is verskeie paaie in Johannesburg nog gesluit.
Die Jukskeibrug op die R55 en die R55 tussen Kyalami en Waterfall is weens stormopdrifsels gesluit.
The post 2 SKOOLKINDERS VERDRINK IN VLOEDWATER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.