Die algemene sinode van die NG Kerk se omstrede en geskiedkundige besluit
verlede jaar om gay lidmate dieselfde regte as heteroseksuele paartjies te gee, is gister op die buitengewone algemene sinode in Centurion van die tafel gevee.
Netwerk24 berig die aanvanklike besluit het ruimte geskep vir kerkrade en gemeentes om self te besluit hoe hulle die kwessie wil hanteer.
Ondanks konsensus oor Skrifgesag en ’n aanvaarding dat daar verskillende Skrifbeskouings oor die gay-kwessie is, is gister teen die voorstel gestem wat ruimte na albei kante bied.
Die 2015-besluit het behels dat gay lidmate in burgerlike verbintenisse mag tree en dat NG predikante dié verbintenisse mag voltrek.
Gister het die sinode beslis dat die huwelik ’n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou is – en dat enige seksuele dade buite so ’n huwelik sonde is.
The post GAY-KWESSIE: NG KERK SE BESLUIT VAN DIE TAFEL GEVEE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.