“GELD VIR DROOGTEVERLIGTING IS STAP IN REGTE RIGTING”
Agri SA sê die meer as R550 miljoen wat in gister se begroting vir droogteverligting bewillig is, is ’n stap in die regte rigting. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Omri van Zyl, sê dit is...
View ArticleAARDBEWING SKUD SENTRAAL-ITALIë
‘n Tweede, kragtiger aardbewing het Sentraal-Italië geruk. Die Amerikaanse Geologiese Instituut sê ‘n aardbewing wat 6,4 op die Richterskaal gemeet het, het die land naby Perugia getref. Dit volg...
View ArticleLEDE VAN ABBA GAAN WEER SAAMWERK
Die vier oorspronklike lede van die popgroep Abba gaan weer saamwerk en die keer aan ‘n digitale projek. Die Sweedse groep het sedert hulle meer as 30 jaar gelede uitmekaar gegaan het, nooit weer...
View ArticleSTRENGER WATERBEPERKINGS VIR KAAPSTAD
Die Kaapstadse stadsraad het strenger waterbeperkings vanaf 1 November af bekragtig om waterverbruik met 20% te verminder. Watertariewe is ook verhoog. Volgens die nuwe beperkings is die gebruik van...
View Article“NVG HET NIE BEWYSE TEEN GORDHAN”
Die direkteur van die Helen Suzman-stigting, Francis Antonie, sê die Nasionale Vervolgingsgesag se dagvaarding aan die uitvoerende hoof van die administrateurs van die regering se pensioenfonds,...
View ArticleSIRIë: 20 DOOD IN LUGAANVAL
Meer as 20 mense, onder wie verskeie kinders, is dood in ‘n lugaanval op ‘n dorp in die noordweste van Sirië, wat deur rebelle beheer word. Aktiviste sê ‘n skool was onder die geboue wat getref is. Dit...
View ArticleKOMMER OOR OORBEVOLKING BY POLLSMOOR-GEVANGENIS
Parlementslede het hul kommer uitgespreek oor die oorbevolking van die Pollsmoor-gevangenis in die Wes-Kaap. Dit is veral vrouegevangenes wat geraak word en daar is altesaam 692 vroue, terwyl daar net...
View ArticleAL 17 AMPTENARE GEARRESTEER VIR KORRUPSIE
Die Valke sê 17 regeringsamptenare is van die begin van die jaar af tot in September in Noordwes in hegtenis geneem vir korrupsie. Woordvoerder, kaptein Tlangelani Rikhotso, sê dit sluit in ses...
View Article1 DOOD, 4 ERG BESEER IN BOTSING
Een persoon is dood en nog vier insittendes ernstig beseer toe ‘n passasiersbus op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat teen ‘n stilstaande vragmotor gebots het. Netcare 911-woordvoerder, Chris...
View Article3 800 MIGRANTE DOOD OF WORD VERMIS
Minstens 3 800 migrante het reeds vanjaar gesterf of word vermis nadat hul probeer het om die Middelandse See na Europa oor te steek. Dit is die meeste nòg op rekord in ‘n jaar. Die Verenigde Nasies se...
View ArticleSJINESE SEEVAARDER WORD VERMIS
‘n Sjinese seevaarder, Guo Chuan, wat probeer het om die rekord te verbeter vir ‘n alleenvaart oor die Stille Oseaan, word vermis. Hy het op 18 Oktober uit San Francisco vertrek met die doel om...
View ArticleBEJAARDE BOER VAN MACLEAR OP SY PLAAS VERMOOR
‘n Bejaarde boer van Maclear in die Oos-Kaap, die 74-jarige Louis van den Berg, is gisteraand op sy plaas vermoor. Die polisie se kaptein Ursula Roelofse sê Van den Berg se vrou, Veron (71), is erg...
View ArticleHITTEGOLF WORD VERWAG
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat ‘n hittegolf tot Maandag in Gauteng, Noordwes en die westelike Bosveld van Limpopo verwag kan word. Dit sal ook oor die grootste deel van die res van die...
View Article“RAADSLEDE IS DEUR POLITICI GESKAAK”– MOTSOENENG
Die SAUK se omstrede hoof van korporatiewe aangeleenthede, Hlaudi Motsoeneng, het voormalige raadslede daarvan beskuldig dat hulle deur politici geskaak is. Dit volg nadat drie lede van die SAUK-raad,...
View ArticleAIG GAAN VOORT SONDER THEUNS JORDAAN
Die Afrikaans is Groot (AIG) konsertreeks gaan aanstaande maand sonder Theuns Jordaan voort. Regter Corrie van der Westhuizen het vandag in die Hooggeregshof in Pretoria Jordaan se dringende aansoek om...
View Article4 TRONK TOE OOR VERSWAKTE DONKIES
Vier buitelanders is in die landdroshof in Polokwane/Pietersburg elk tot agt maande tronkstraf sonder die keuse van ’n boete gevonnis omdat hulle verlede maand 41 verswakte donkies op ’n vragmotor,...
View Article“SUID-AFRIKANERS MOET SAAMSTAAN”
Die hoofregter van die Grondwet Hof, Mogoeng Mogoeng sê Suid-Afrikaners moet saamstaan om die land se brose ekonomie te beskerm en politieke stabiliteit te omarm. Mogoeng het tydens die Oliver...
View Article4 VALKE WORD ONDERSOEK OOR GYSELAARSITUASIE
‘n Woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), Moses Dlamini, het bevestig dat vier lede van die Valke ondersoek word in verband met ‘n gyselaarsituasie by die Inkomstediens...
View ArticleVSA VERKIESING: BEWERINGS OOR MOSKOU IS “HISTERIES”
Die Russiese president, Wladimir Poetin het bewerings verwerp dat Moskou probeer om die Amerikaanse presidentsverkiesing te ondermyn. Die vinger word die afgelope tyd na kuberkrakers gewys wat glo...
View ArticleBOER SE BORGTOGAANSOEK UITGESTEL
Die borgtogaansoek van ‘n boer van Lutzville aan die Weskus is uitgestel tot 1 November. Die 43-jarige Martin Visser het in die Vredendal landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van moord en...
View Article