Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat ‘n hittegolf tot Maandag in Gauteng, Noordwes en die westelike Bosveld van Limpopo verwag kan word.
Dit sal ook oor die grootste deel van die res van die land baie warm wees met temperature van hoër as 30 grade Celsius.
In Noordwes word ‘n maksimum temperatuur van 39 grade vir môre in Vryburg in die vooruitsig gestel.
Teen Woensdag sal die kwik na verwagting op Vredendal en Worcester tot 38 grade styg en op Stellenbosch, Graaff-Reinet en Cradock tot 35 grade.
The post HITTEGOLF WORD VERWAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.