Die vier oorspronklike lede van die popgroep Abba gaan weer saamwerk en die keer aan ‘n digitale projek.
Die Sweedse groep het sedert hulle meer as 30 jaar gelede uitmekaar gegaan het, nooit weer saamgewerk nie, maar het wel by ‘n 50ste verjaardagpartytjie opgetree.
Die projek behels virtuele realiteit en kunsmatige intelligensie, en is beskryf as ‘n nuwe ervaring in die vermaaklikheidsbedryf.
Volledige besonderhede oor hul nuwe projek sal in 2017 bekend gemaak word.
The post LEDE VAN ABBA GAAN WEER SAAMWERK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.