‘n Sjinese seevaarder, Guo Chuan, wat probeer het om die rekord te verbeter vir ‘n alleenvaart oor die Stille Oseaan, word vermis.
Hy het op 18 Oktober uit San Francisco vertrek met die doel om Sjanghai binne 20 dae te bereik.
Sy ondersteuningspan het Dinsdag kommunikasie het hom verloor toe hy sowat 970 kilometer van die Hawaïse eiland, Oahu, was en ‘n vliegtuig, wat gestuur is om na hom te soek, het sy drieromp-seiljag met ‘n gebreekte mas en sonder hom aan boord gevind.
Vaartuie van die Amerikaanse kuswag fynkam die see in die gebied
The post SJINESE SEEVAARDER WORD VERMIS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.