Die hoofregter van die Grondwet Hof, Mogoeng Mogoeng sê Suid-Afrikaners moet saamstaan om die land se brose ekonomie te beskerm en politieke stabiliteit te omarm.
Mogoeng het tydens die Oliver Tambo-gedenklesing in Newtown, in Johannesburg gepraat.
Hy sê die regbank is sentraal in die handhawing van stabiliteit en dat alle Suid-Afrikaners die regbank se beslissings moet respekteer.
Hy het leiers gekritiseer wat hul eie belange bo die van landsburgers stel.
Mogoeng sê ook dat geen leier te gerus behoort te wees nie.
The post “SUID-AFRIKANERS MOET SAAMSTAAN” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.