Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

JANSEN IS NUWE PRESIDENT VAN ASSAF

$
0
0

Die Wetenskap-akademie van Suid-Afrika, ASSAF, het die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Jonathan Jansen, tot president verkies.

Hy volg prof. Daya Reddy op.

Netwerk24 berig die akademie bedien die regering van raad oor wetenskap van nasionale belang.

Dit is ook die organisasie wat wetenskaplikes in Suid-Afrika verteenwoordig.

Jansen is nou ’n genoot aan die Sentrum vir Gevorderde Studies in Gedragswetenskap aan die Stanford-Universiteit.

Hy is ook die president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.

Die ASSAF bestaan uit 12 verkose raadslede en die 13de lid word deur Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, aangestel as verteenwoordiger in die Nasionale Adviesraad vir Innovasie.

The post JANSEN IS NUWE PRESIDENT VAN ASSAF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!