‘n Boemfonteinse apteker, Blenn Eager, is pas aangewys as die Nasionale Gemeenskapsapteker van die Jaar deur die Suid-Afrikaanse Aptekersvereniging.
Dit is die tweede keer dat ‘n plaaslike apteker dié gesogde toekeninng ontvang. Eager is deur ‘n paneel van gesaghebbendes in die gesondheidsorg met die toekenning vereer.
Die Aptekersraad het die afgelope naweek in Durban byeengkom, waar die ministers van Gesondheid, Aaron Motsoaledi en die Pravin Gordhan, wat self ook ‘n apteker is, teenwordig was.
Blenn is ‘n apteker by Medichem Pellissier, waarvan die eienaar, Wim Grobbelaar ‘n vorige ontvanger van dié toekenning is.
Grobbelaar sê Blenn is ‘n menslike mens en met sy kwalifikasies wat hy reeds bereik het tesame met die ekstra opleiding wat hy gekry het, was die toekenning geen verrassing nie.
Blenn het aan Rosestad Nuus gesê die toekenning wat hy Saterdagaand ontvang het, is vir hom ‘n eer.
The post PLAASLIKE APTEKER MET GESOGTE TITEL VEREER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.