Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

STUDENTE IN PROTESOPTOG IS TOEGANG TOT KAMPUS GEWEIER

$
0
0

Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie wat ‘n protesoptog na die hoofkampus in Pretoria-Wes gehou het, is toegang tot die kampus geweier.

Hulle dring aan op antwoorde oor die implementering van gratis onderrig by die instelling.

Dit volg ‘n dag nadat die studenteraad en bestuur ‘n ooreenkoms onderteken het dat daar volgende jaar geen verhoging in klasgelde sal wees nie.

Nie-stakende studente aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie het intussen gister ’n aanlyn petisie begin waarin gevra word dat veiligheid op die kampusse opgeskerp word.

Hulle vra ook dat daar nie onderhandel moet word met studente wat betrokke was by kriminele aktiwiteite nie.

Sodra hulle ‘n duisend handtekeninge gekry het, wil die studente die petisie oorhandig aan die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, en die huidige waarnemende vise-kanselier, prof. Louis Fourie.

The post STUDENTE IN PROTESOPTOG IS TOEGANG TOT KAMPUS GEWEIER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!