Opposisiepartye en vakbonde sê hulle hoop die minister van finansies, Pravin Gordhan, sal meer duidelikheid verskaf oor die regering se beleidsrigtings wanneer hy vanmiddag die mediumtermyn begroting in die parlement voorlê.
Hulle meen dat Gordhan meer in landsbelang moet optree en konkrete planne moet aankondig oor hoe om die stadige ekonomiese groei, sowel as groeiende werkloosheid te takel.
Gordhan lê die begrotingsraamwerk voor te midde van dalende staatsinkomste.
The post ‘GORDHAN MOET MEER IN LANDSBELANG OPTREE’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.