Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

PARTYE BLAMEER ANC VIR STUDENTE-ONRUS

$
0
0

Opposisiepartye soos die DA en die Inkatha Vryheidsparty het die ANC blameer vir die voortslepende studentebetogings oor klasgeld en sê die party het destyds kiesers se stemme gekoop deur beloftes van gratis onderwys te maak.

Met ’n foto van ’n ANC-verkiesingsplakkaat wat gratis onderwys beloof, het die IVP-LP, Mkhuleko Hlengwa, gesê: goedkoop verkiesingsbeloftes eindig altyd in chaos!

Al die partye, behalwe die EFF, het egter die geweld op kampusse veroordeel.

Gewelddadige studentebetogings was gister intussen weer by die Universiteit van die Witwatersrand aan die orde van die dag.

Die verkeer in die omgewing van die kampus is erg ontwrig nadat studente sommige strate afgesper en klippe en ander voorwerpe na motors gegooi het.

Betogende Wits studente word daarvan verdink dat hulle gisteraand opsetlik ‘n bus en polisievoertuig in Braamfontein aan die brand gesteek het.

The post PARTYE BLAMEER ANC VIR STUDENTE-ONRUS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!