Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, sê die kabinet het nie die aanklagte teen die minister van Finansies, Pravin Gordhan, bespreek nie.
Hy het op ’n nuuskonferensie ná Woensdag se kabinetsvergadering gesê die kabinet het sy ondersteuning aan Gordhan herbevestig.
Die kabinet glo ook hy is ingevolge die Grondwet onskuldig tot ’n hof anders bevind. Radebe het ook gesê Gordhan sal die oorsig oor die mediumtermyn-begrotingsraamwerk op 26 Oktober lewer.
The post “PRESIDENSIE HET NIE AANKLAGTE TEEN GORDHAN BESPREEK NIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.