Die voorsitter van die raad van Bloemwater, Bernard Pitsane, het gewaarsku dat inwoners van die Mangaung-metro in Bloemfontein deur ’n groot ramp in die gesig gestaar word as die waterverbruik nie daal nie.
Hy sê die stad kan binne twee maande sonder water wees en inwoners gaan voort om 200 megaliter water per dag te gebruik, pleks van die toelaatbare 170 megaliter.
In ‘n verklaring deur die metro en die provinsiale departement van water en santasie word ook gesê dit sal drie maande lank deurlopend moet reën om die ernstige waterkrisis te verlig.
The post “WATERVERBRUIK MOET DAAL IN METRO” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.