Die minister van finansies, Pravin Gordhan, gaan nie sy hofaansoek terugtrek en die koste betaal soos wat die Guptas se prokureurs Dinsdag in ’n prokureursbrief geëis het nie.
Netwerk24 berig Gordhan vra die hof om ’n verklarende bevel te maak oor die magte van die regering om in te gryp in ’n dispuut tussen die Gupta-maatskappye en die banke wat hul rekeninge gesluit het.
Die banke het in April vanjaar besluit om nie meer met die Gupta-familie en die maatskappye sake te doen nie.
Van der Merwe Associates, VDMA, namens Oakbay en die Gupta-familie, het in ‘n prokureursbrief aan Gordhan skryf hy het die aansoek met belastingbetalers se geld van stapel gestuur en dat hy dit moet terugtrek en belastingbetalers só geld bespaar.
The post GORDHAN GAAN NIE HOFAANSOEK TERUGTREK NIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.