Die ER24 nooddiens het polisiebeamptes op Howick in KwaZulu-Natal geloof vir die blitsige arrestasie van ‘n verdagte wat glo betrokke was by gisteroggend se voorval toe twee paramedici beroof is.
Die twee is by die Howick watervalle van hulle selfone en kontant beroof.
Die polisie het inligting opgevolg en ‘n 29-jarige man in ‘n nabygeleë plakkerskamp gearresteer en beslag op die twee gesteelde selfone en ‘n mes gelê.
The post 2 PARAMEDICI BEROOF BY HOWICK WATERVALLE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.