Passasiers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens mag van vandag af nie ‘n Samsung Galaxy Note 7 slimfoon saam met hulle aan boord neem nie.
Die lugdiens het die slimfoon weens veiligheidsredes op sy vlugte verbied.
Samsung het verlede maand bekendgemaak dat daar voorvalle was waar die foon se battery oorverhit het en die selfoon aan die brand geslaan het.
Die meeste internasionale lugdienste het ook die Note 7 op vlugte verbied.
The post SAL: NUWE SAMSUNG SLIMFOON VERBIED appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.