Die studenteleier en voormalige studenteraadvoorsitter van die Universiteit van die Witwatersrand, Mcebo Dlamini, gaan agter tralies bly tot volgende maand.
Landdros Albertus Roux het vanoggend beslis dat die leier van die FeesMustFall-beweging nie op borgtog vrygelaat moet word nie.
Dlamini, ‘n Swazi wat oor Suid-Afrikaanse burgerskap beskik, staan tereg op aanklagte wat wissel van saakbeskadiging tot diefstal en aanranding.
Die parlement se portefeulje komitee oor hoër onderwys en die gekose komitee oor onderwys kom intussen vandag met die voorsitters van universiteitsrade in Pretoria byeen oor planne om die akademiese jaar te probeer red.
Talle universiteite sukkel om hulle akademiese programme te voltooi weens die geweldadige protesoptrede wat deel uitmaak van die Fees Must Fall-veldtog.
Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema sal ook ‘n voorlegging aan die twee komitees maak.
The post WITS STUDENTELEIER BLY AGTER TRALIES appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.