’n Boer van Levubu buite Louis Trichardt in Limpopo is gisteraand op sy plaas vermoor.
Netwerk24 berig dat die 62-jarige Hennie Bonnema se bebloede liggaam ongeveer ‘n honderd meter van die plaashuis af gekry is.
Bonnema se suster het bekommerd geraak toe sy hom nie per telefoon in die hande kon kry nie.
Sy het die plaaswag in kennis gestel en hulle is na die plaas om ondersoek in te stel.
The post BOER (62) OP SY PLAAS VERMOOR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.