Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

HOF SOEK DIE NAME VAN DIEGENE WAT SAUK-8 AFGEDANK HET

$
0
0

Die Arbeidshof in Johannesburg het die SAUK beveel om voor of op 25 Oktober ’n verklaring by die hof in te dien met die naam of name van diegene wat verantwoordelik was vir die besluit om agt werknemers van die openbare uitsaaier af te dank.

Die hof sê verklarings wat op 2 Augustus van twee SAUK-bestuurslede, Sebolelo Ditlhakanyane en Simon Tebele, ontvang is, is vaag en sê nie spesifiek wie aanspreeklik was vir die besluit om die SAUK 8 af te dank nie.

Die hof het op 26 Julie beveel dat die SAUK-bestuurslede redes moes aanvoer waarom hulle nie in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die regskoste van Solidariteit en vier SAUK-werknemers in hul saak teen die SAUK nie.

Die hoof van die vakbond Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, Anton van der Bijl, sê intussen dit het die afgelope tyd al hoe duideliker geword dat die SAUK-raad en sy uitvoerende bestuur hul geensins aan die publiek se belange of aan enige reëls of wette steur nie.

Hy sê die vakbond is steeds van mening dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die besluit sonder die raad en/of die uitvoerende bestuur van die SAUK se medewete geneem is.

The post HOF SOEK DIE NAME VAN DIEGENE WAT SAUK-8 AFGEDANK HET appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!