Altesaam 18 van Suid-Afrika se 211 opgaardamme is tans onder 10% vol, terwyl 62 se watervlak onder 40% is.
‘n Woordvoerder van die departement van Water en Sanitasie, Mlimandlela Ndamase, sê water in die Vaalrivierstelsel, wat hoofsaaklik water aan Gauteng verskaf, het die afgelope jaar van 70,6% tot 50,3% verminder.
Die stelsel het 14 opgaardamme, waarvan die Vaaldam met 27,9% die leegste is.
Ndamase sê wanneer die Vaaldam tot by 25% daal, sal water van die Sterkfonteindam getrek moet word.
The post 18 OPGAARDAMME ONDER 10% VOL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.