‘n 61-Jarige weduwee, Brenda Claasen, is vroeg Sondagaand op haar plaas buite Kirkwood in die Oos-Kaap deur drie mans oorval terwyl sy met haar honde buite gespeel het.
Polisiewoordvoerder, kaptein Gerda Swart, sê die aanvallers het die huis van elektroniese toerusting gestroop en ’n vuurwapen en selfoon gebuit voordat hulle met Claasen na Addo en later na Kwadwesi in Port Elizabeth gery het.
Sy is uiteindelik bevry en twee van die drie aanvallers in hegtenis geneem toe die polisie hul motor buite Uitenhage tot stilstand gedwing het.
The post WEDUWEE (61) OP HAAR PLAAS AANGEVAL EN ONTVOER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.