Die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Oupa Magashula, en die voormalige adjunk-kommissaris, Ivan Pillay, se regsvertoonwoordigers het gister voorleggings aan die Nasionale Vervolgingsgesag gedoen om die aanklagte van bedrog teen hulle te hersien.
Die hoof van die NVG, Shaun Abrahams, het verlede week in die parlement gesê hulle kan vertoë rig om die aanklagte te hersien.
Die NVG sê in ‘n verklaring die minister van Finansies, Pravin Gordhan, is genooi om voor vyfuur vanmiddag ‘n voorlegging in te dien.
The post VOORLEGGINGS OM AANKLAGTE TEEN MAGASHULA, PILLAY TE HERSIEN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.