Net meer as 30 000 kaartjies was teen gistermiddag reeds uitverkoop vir Saterdag se Curriebekereindstryd tussen die Vrystaat-Cheetahs en die Blou Bulle in Bloemfontein.
Die Cheetahs se hoof van bemarking, Kobus le Roux, sê hy verwag dat alle kaartjies later vandag of teen môre verkoop sal wees.
Dit sal beteken dat ’n skare van meer as 42 000 toeskouers Saterdag se kragmeting sal bywoon wat die meeste nòg sal wees vir ’n rugbywedstryd in die Toyota-stadion.
The post 30 000 KAARTJIES AL VERKOOP VIR CURRIEBEKEREINDSTRYD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.