’n Pa en dogter van Bloemfontein is gisteraand gehospitaliseer nadat daar ’n skietery by hul huis in Hospitaalpark was.
Netwerk24 berig volgens ‘n buurman is daar vyf skote gehoor waarna ’n vrou geskree het.
Na verneem word is die jong vrou drie keer geskiet – in haar nek, been en maag.
Daar word ook verneem dat die pa homself geskiet en toe met ’n mes gesteek het.
Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, kon nie bereik word om die voorval te bevestig nie.
The post PA, DOGTER IN HOSPITAAL NA SKIETERY appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.