Botswana het glo sowat 400 beeste van Zimbabwiese boere doodgeskiet nadat die diere aan die Botswana-kant van die grens gaan wei het.
Geen heinings bestaan meer tussen die twee lande nie.
Botswana-amptenare sê die uitvoer van beesvleis na ledelande van die Europese Unie is vir Botswana te belangrik om hulle aan die gevaar van moontlike bek-en-klouseer bloot te stel.
The post 400 BEESTE VAN ZIM-BOERE DOODGESKIET appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.