Betogende studente van die Universiteit van die Witwatersrand het glo vanoggend ‘n bus in Parktown, Johannesburg, aan die brand gesteek.
Eyewitness News berig ook dat erge verkeersopeenhopings voorgekom het nadat sommige strate met klippe en brandende bande versper is.
Volgens Wits se woordvoerder, Shirona Patel, is vure ook in vullishouers en op die grasperke op die hoofkampus gemaak.
Dit is deur die universiteit se sekuriteitswagte geblus.
The post WITS STUDENTE STEEK BUS AAN DIE BRAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.