Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ’n bende vroeg vanoggend ’n geldwa, wat op pad na Petrusburg was, buite Bloemfontein probeer beroof het nie.
Die polisie se kaptein Chaka Marope sê die vermeende rowers was in ‘n vragmotor wat omstreeks half-drie vanoggend die geldwa van die pad af probeer dwing het.
Die vragmotor is vroeër die maand in Etwatwa aan die Oos-Rand as gesteel aangemeld.
Die bestuurder van die geldwa kon daarin slaag om weg te jaag waarna die bestuurder van die vragmotor ‘n ent verder gestop en saam met ander verdagtes in twee motors weggejaag het.
The post GELDWA AMPER BEROOF DEUR BENDE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.