Opposisiepartye was vanoggend in die Hooggeregshof om die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Des van Rooyen, se aansoek om ‘n hofbevel om Madonsela se verslag te stuit, op ‘n dringende basis teen te staan.
Hulle is die DA, EFF, Cope en die UDM.
Die EFF sê in ’n verklaring dié party gaan ook Zuma se aansoek, wat na verwagting Dinsdag in dieselfde hof aangehoor gaan word, teenstaan.
Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê Zuma is besig met vertragingstaktiek en hy was reeds in Maart bewus van die ondersoek.
Hy het ook aangedui dat hy nie haastig is om die ondersoek af te handel nie, omdat hy van mening is die nuwe OB kan dit hanteer.
Die DA het in ‘n verklaring gesê hulle gaan Van Rooyen se aansoek teenstaan, maar wil nie die uitreiking van die verslag op enige manier vertraag nie.
The post OPPOSISIEPARTYE STAAN TEEN ZUMA SE AANSOEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.