Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor kommunikasie, Humphrey Maxegwana, het aangekonding dat die parlementêre ondersoek na die SAUK-raad volgende Woensdag begin in die eerste stap om van die oorblywende raadslede ontslae te raak.
Netwerk24 berig dit volg twee weke nadat die komitee die SAUK-raad oor die kole gehaal het oor sy heraanstelling van Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof, as korporatiewe hoof.
Motsoeneng is aangestel al was daar verskeie hofuitsprake teen hom en het die openbare beskermer ‘n rits bevindings teen hom gemaak.
Die komitee het die oorblywende raadslede – prof. Obert Maguvhe, voorsitter, sy adjunk, Leah Khumalo, Nomvuyo Mhlakaza, dr. Ndivhoniswani Tshidzumba, James Aguma, uitvoerende hoof, en Audrey Raphela, waarnemende finansiële hoof – gevra om te bedank, maar hulle weier en het gesê hulle win ’n regsmening in.
The post ONDERSOEK NA SAUK-RAAD BEGIN VOLGENDE WEEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.