Vier Vrystaatse dorpe in die Setsoto-munisipaliteit, Ficksburg, Senekal, Clocolan en Marquard, gaan binne weke sonder ’n druppel water sit.
Netwerk24 berig die munisipaliteit het kennisgewings uitgestuur dat hy nie meer water in spesifieke tydgleuwe, saans tussen ses en nege soos vroeër ooreengekom, sal kan verskaf nie.
Dr. Tseliso Ntili, hoof van die departement van waterwese en sanitasie in die Vrystaat, sê hy besoek Ficksburg vandag om ondersoek in te stel van waar water vir die munisipaliteit beskikbaar gemaak kan word.
Die Setsoto-munisipaliteit het vroeër aangekondig dat hy nie meer ’n betroubare waterdiens sal kan lewer nie.
The post NOG 4 VS DORPE KAN SONDER WATER SIT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.