Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“ZUMA SE AANSOEK WYS HOE DESPERAAT HY IS”

$
0
0

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Mulder, sê president Jacob Zuma se dringende aansoek om ‘n hofbevel om te keer dat die Openbare Beskermer se verslag oor staatskaping vandag openbaar gemaak word, is ‘n desperate stryd om oorlewing en om sy loopbaan te red.

Hy sê in ‘n verklaring die OB, advokaat Thuli Madonsela, het Zuma al sedert Maart vanjaar die geleentheid gegun om met haar saam te werk en op haar vrae te reageer, maar hy was duidelik nie bereid om sy samewerking te gee nie.

Mulder sê die persepsie na buite sal sonder twyfel wees dat die president skuldig is en die bevindings wil ontduik.

Intussen sê die DA-leier, Mmusi Maimane, wat die aanklag van staatskaping by die OB se kantoor ingedien het, Zuma is desperaat en het niks geleer uit die Grondwet hof se uitspraak oor Nkandla teen hom nie.

Hy sê die DA staan egter by Madonsela om te verseker dat sy die ondersoek afhandel.

UDM-leier Bantu Ho lomisa het aan Netwerk24 gesê dit wys hoe desperaat Zuma is en Dennis Bloem van Cope sê dit is ‘n bewys dat Zuma ’n totale verleentheid en ’n skaamtelose karakter is.

The post “ZUMA SE AANSOEK WYS HOE DESPERAAT HY IS” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!