Die Vrystaatse Departement van gesondheid se onreëlamtige uitgawes vir die 2015/2016 finansiële jaar het R828 miljoen beloop.
Onreëlmatige uitgawes deur gesondheidsdepartemente landswyd het gesamentlik R7,7 miljard beloop.
Die Vrystaat was die derde grootste sondebok, met Kwazulu-Natal en Mpumalanga wat onderskeidelik R2,5 en R1,8 miljard se onreëlmatige uitgawes aangegaan het.
Die DA se adjunk-skaduminister van Gesondheid, Heinrich Volmink sê die onlangse skommeling in die Vrystaatse regering blyk te min te laat te wees.
Dr Benny Malakoane is verlede week deur die Vrystaatse premier, Ace Magashule na die departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme, omgewingsake en kleinsake geskuif met Butana Kompela wat deur Magashule as die nuwe LUR vir Gesondheid aangewys is.
Volmink sê die onreëlamtige uitgawes deur Gesondheidsdepartemente is gelykstaande aan meer as 32 000 moontlike studiebeurse aan studente wie se klasgeld en verblyf uit dié wanbesteede geld betaal kon word.
The post GESONDHEID: ONREëLMATIGE UITGAWES BELOOP MILJARDE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.