Die sekretaris van die Afrikaanse Taalraad, die 65-jarige Jannie Earle, is een van die mans wat gister in ‘n veiligheidskompleks in Moreleta park, Pretoria, doodgeskiet is.
Die voorsitter van die Taalraad, professor Anne-Marie Beukes, het dit aan Netwerk24 bevestig.
Polisiewoordvoerder, kaptein Dave Miller, sê intussen die name van die vier oorledenes kan nog nie bekend gemaak voordat hul naasbestaandes nie in kennis gestel is nie.
Hy sê die skieter was in sy vroeë vyftigs.
The post SEKRETARIS VAN TAALRAAD STERF IN PTA-BLOEDBAD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.