Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

STEUN VIR GORDHAN STEEDS BESIG OM TOE TE NEEM

$
0
0

Steun vir die minister van Finansies, Pravin Gordhan, is steeds besig om toe te neem nadat hy deur die Nasionale Vervolgingsgesag van bedrog aangekla is.

Die nie-regeringsorganisasie, Section27, het hom nou ook aan die kant geskaar van onder meer die Ahmed Kathrada-stigting en die EFF-leier, Julius Malema, wat ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om Gordhan te ondersteun wanneer hy op 2 November in die hof moet verskyn.

Die ANC se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, het volgens Business Day die aanklag teen Gordhan ook vanoggend openlik gekritiseer.

Die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, en die voormalige speaker, Max Sisulu, het ook reeds hul steun aan Gordhan toegesê.

President Jacob Zuma en die ANC het versoek dat die reg toegelaat moet word om sy gang te gaan.

Die ekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt het vroeër aan Rosestad Nuus gesê buitelandse belggers beskou Suid-Afrika reeds as ‘n hoë-risiko beleggingsland en wag om te sien of die swak politieke leierskap sal bly voortbestaan.

 

The post STEUN VIR GORDHAN STEEDS BESIG OM TOE TE NEEM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!