Die minister van Omgewingsake, Edna Molewa, sê die afgelope Cites-beraad in Sandton, Johannesburg, was ’n reuse sukses vir Suid-Afrika.
Volgens haar is al Suid-Afrika se voorstelle die afgelope tien dae aanvaar.
Die sekretaris-generaal van Cites, John E. Scanlon, sê in ’n verklaring COP17 was die grootste beraad in die 43-jarige geskiedenis van dié konvensie en altesaam 3 500 mense het dit bygewoon.
Volgens hom sal COP17 onthou word as ’n grondverskuiwende beraad waar besluite geneem is om stropery en sluikhandel in fauna en flora daadwerklik vas te vat.
The post “CITES-BERAAD WAS REUSE SUKSES” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.