Advokaat Busisiwe Mkhwebane is as die nuwe Openbare Beskermer aangestel.
Volgens ’n verklaring deur die presidensie het president Jacob Zuma haar ingevolge die Grondwet en die aanbevelings van die Nasionale Vergadering aangestel.
Sy begin op 15 Oktober met haar termyn van sewe jaar.
Zuma het in die verklaring ook die uittredende OB, advokaat Thuli Madonsela, bedank vir haar dienstydperk.
The post MKHWEBANE IS DIE NUWE OB appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.