Motoriste in Bloemfontein en omgewing word gewaarsku om die veiligheid van hule besittings binne en buite die motor te verseker.
Polisiewoordvoerder, Sersant Ikobeng Hlubi, sê daar was die afgelope week ‘n toename in diefstal in en uit motors.
Hlubi sê diewe teiken voertuie waarin besittings sigbaar is.
Veral voertuie wat in parkeerareas by inkopiesentrums staan, word geteiken.
Sy sê die polisie doen opnuut ‘n beroep op motoriste om hulle besitings buite die oog toe te sluit en seker te maak dat hulle voertuie gesluit is wanneer hulle voertuie verlaat word.
The post MAAK SEKER JOU KAR EN BESITTINGS IS GESLUIT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.