Die watervlak van die 19 groot damme in die Vrystaat lyk beroerd en kommer oor die knellende droogte word daagliks meer.
Netwerk24 berig volgens Rossouw Botes, DA-raadslid in die Mangaung-metro en ’n waterkenner, daal die watervlak weekliks met 1% weens verdamping.
Volgens syfers van die departement van waterwese staan die Welbedachtdam, wat 97% toegeslik is, nou op 55,29%, die Knellpoortdam op 39,4%, die Rustfonteindam op 25,5% en die Groothoekdam op 10,8%.
Die Gariepdam, Suid-Afrika se grootste dam, staan nou op 56%, terwyl die Bloemhofdam op 19,1% staan.
Die Krugersdriftdam buite Bloemfontein staan op 18,39%.
Die Vaaldam staan vandeesweek op net 29% en die Vanderkloofdam op 58,2%.
In Lesotho staan die Katsedam op 41% en die Mohaledam op 32%.
The post WATERVLAK VAN VS DAMME BEROERD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.