Vier gewapende mans word deur die polisie in Bloemfontein gesoek nadat hulle gister in die vroeë oggendure byna R30 000 se drank by ‘n winkelsentrum in Fleurdal geroof het.
Netwerk24 berig ’n veiligheidswag wat op patrollie was, is deur ’n gewapende man oorval en in die winkelsentrum gedwing waar sy makkers besig was om ’n drankwinkel in die sentrum met twee groot klippe en ’n hamer oop te breek.
Volgens polisiewoorvoerder, kapt. Chaka Marope, is die veiligheidswag rondgeruk en beveel om op die grond te lê voordat die rowers gevlug het.
’n Klag van sakeroof word ondersoek.
The post R30 000 SE DRANK BY BFN WINKELSENTRUM GEROOF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.