Die voormalige eerste minister van Portugal, Antonio Guterres, sal vandag deur die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies formeel aangewys word as kandidaat om Ban Ki-moon in Januarie aanstaande jaar as sekretaris-generaal van die VN op te volg.
Rusland se ambassadeur by die VN, Vitaly Churkin, het aangekondig dat Guterres in ‘n geheime stemming die keuse van die oorgrote meerderheid van die 15 lede van die Veiligheidsraad was.
Tien kandidate was vir die pos benoem.
The post GUTERRES AS KANDIDAAT OM BAN KI-MOON OP TE VOLG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.