Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

2 SAUK-RAADSLEDE BEDANK

$
0
0

Die ANC-regering het ingegryp en die ondersoek-komitee is in die proses om die SAUK-raad te ontbind.

Netwerk24 berig twee SAUK-raadslede het gister uit hul eie bedank en dat die ander vier gevra word om ook te bedank midde in ’n formele parlementêre ondersoek na die geskiktheid van die raad.

Indien die ander vier raadslede nie bedank nie en daar word in die ondersoek bevind hulle is nie geskik nie, moet die komitee by die Nasionale Vergadering aanbeveel dat die raad ontbind word.

As die NV dié aanbeveling aanvaar, word dit na pres. Jacob Zuma vir goedkeuring gestuur.

Die ANC-woordvoerder, Zizi Kodwa, sê die verrigtinge het die einde van die wittebrood vir wanfunksionele rade van alle staatsentiteite ingelui.

Op ’n vraag of die ANC nie vroeër al by die SAUK moes ingegryp het nie, het Kodwa geantwoord: “Liewer laat as nooit.”

The post 2 SAUK-RAADSLEDE BEDANK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!