Honderde studente van die Durbanse Universiteit van Tegnoglogie het vanoggend vir lesings opgedaag ná gister se aankondiging deur bestuur dat die boikot beëindig is.
Polisievoertuie patrolleer nog die Steve Biko, Ritson en ML Sultan-kampusse om verdere geweldpelging in die kiem te smoor.
Gisteraand het ontstoke studente wat oor klasgelde betoog ‘n kantoor en voertuig, wat aan die universiteit behoort, aan die brand gesteek.
Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, meen intussen dat die studente se veldtog vir gratis hoër onderwys deur ‘n derde mag gekaap is.
Hy sê arm studente gaan die meeste ly indien die ontwrigting en beskadiging van hoër instellings voortduur.
Hy sê dat die rykes kan bekostig om hul kinders na oorsese universiteite te stuur.
The post STUDENTE VAN DUT DAAG OP VIR LESINGS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.