Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê die party het nooit gratis hoër onderwys vir almal belowe nie.
Hy sê die ANC het reeds meer gedoen as wat die party se Vryheidsmanifes belowe vir hoër onderwys.
Mantashe by ‘n nuuskonferensie gesê hy wil hê daar moet gekyk word na wat reeds vermag is omdat die debat geopen is asof niks gedoen is nie.
Daar was intussen vanoggend ‘n groot polisieteenwoordigheid op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand en skokgranate is na wat berig word op betogende studente afgevuur wat lesings wat vandag begin probeer ontwrig.
Talle betogers is tydens die oproerigheid in hegtenis geneem. Meer as 70% van studente het die naweek ten gunste van die hervatting van klasse gestem.
‘n Groep studente het verder by die Universiteit van Venda betoog en verhinder personeel en studente om toegang tot die kampus te verkry.
Die bestuur het gister lesings vir ‘n onbepaalde tyd opgeskort weens voortslepende studentebetogings en onbestendigheid op die kampus.
Van die studente is besorg dat dat hulle agterstallig sal raak met hul studies.
The post “ANC HET NOOIT GRATIS ONDERWYS VIR ALMAL BELOWE NIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.