Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

‘SA KAN MOONTLIK BOGEMIDDELDE REëNVAL KRY’

$
0
0

Alle aanduidings is dat die somer-reënvalstreke in Suid-Afrika in November, Desember en Januarie moontlik bogemiddelde reënval kan kry.

Volgens Cobus Olivier, wetenskaplike by die Suid Afrikaanse weerdiens, dui alle weer-modelle daarop, maar sal daar aan die einde van die jaar meer duidelikheid wees.

Netwerk24 berig volgens Tonie Rossouw, senior weervoorspeller by die Bloemfonteinse weerkantoor, verbeter reënvaltoestande altyd in die tweede helfte van Oktober en lyk die vooruitsigte vir November, Desember en Januarie belowend.

Hy meen ook die koue weer in die Vrystaat en Noord-Kaap sal vandag begin wyk.

Intussen het die Vrystaatse departement van waterwese en sanitasiewatersituasie met Bloemwater en die Mangaung-metro vergader om gesamentlik oor groter waterbesparingsmaatreëls vir die metromunisipale gebied te besin.

Intussen sê Rossouw Botes, DA-raadslid en waterkenner, dit is onverklaarbaar waarom die Mangaung-metro nie waterbeperkings van 20% tot 30% verhoog het nie.

Die minister van waterwese en sanitasie, Nomvula Mokonyane, het reeds einde Augustus ’n aankondiging hieroor in die Staatskoerant gedoen.

Netwerk24 berig volgens die waarnemde stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, wil die metro se nuwe burgemeester, Olly Mlamleli, eers met Bloemwater en die nasionale departement van waterwese vergader.

Volgens Mea is daar gebeurlikheidsplanne in plek om te verseker dat inwoners deurgaans water het, maar Mlamleli sal die planne self aankondig.

The post ‘SA KAN MOONTLIK BOGEMIDDELDE REëNVAL KRY’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!