Die ANC-beheerde raad van die Mangaung-metro het ‘n mosie om die verspreiding en gebruik van vuurwerk te beheer, afgestem.
Netwerk24 berig die mosie is deur die Bloemfonteinse veearts en nuwe DA-raadslid dr. Thomas Ferreira, ingedien ter beskerming van diere in die metro.
Ferreira het beklemtoon die verspreiding en gebruik van vuurwerk is teenstrydig met ’n aantal munisipale regulasies van die metro en dat nie minder nie as vyf munisipale regulasies oortree word met die skiet daarvan.
ANC-raadslede het in hul toesprake gesê hulle stem saam dat diere verontreg word, maar dat inwoners die reg moet hê om vuurwerk te mag skiet.
Die ANC se meerderheidstem het geseëvier teen die mosie, al het al die ander partye saam met die DA daarvoor gestem.
The post MOSIE OOR GEBRUIK VAN VUURWERK AFGESTEM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.